Ek drink koffie saam met ‘n vriendin wat ek baie lank laas gesien het. Oor reusagtige stukke kaaskoek vang ons op en klets oor alles en nog wat. Die kaaskoek sit my egter ore aan – deels omdat elke stuk genoeg is vir 3 mense en deels omdat dit ‘n lekkerte is wat ek myself nie te dikwels gun nie a.g.v. die ongenadigheid daarvan op die heupe.
Ek vra vir ‘n doggybag want dis darem nie ‘n ding wat ‘n mens kan mors nie !
Op pad huis toe stop ek by ‘n robot en maak half ingedagte die boksie oop. Sommer so met die wysvinger maak ek ‘n duikie in die stukkie hemel en lek stadig en behaaglik my vinger af…. Kan maar net sowel nog ‘n duikie maak en ek maak dan ook so. Terwyl ek vir ‘n derde maal weer my vinger lekker staaadig aflek kyk ek terloops op in die starende ek-glo-nie-wat-ek-sien-nie oë van die man in die kar langs my. Hy kyk vinnig weg asof hy nie my moment beleef het nie en ek is besonder dankbaar vir die groen lig.
Needless to say maats, ek was tog ‘n bietjie verleë, but it was SO worth-it !
Die van julle wat ‘n ou kaaskoekie kan waardeer, sal verstaan.
Groetnis
PS: Kan nie help om te wonder hoe hy die storie gaan oorvertel nie….
Whahaha ken ek nie die kaaskoek verleiding nie. Maar nee ek het nou net vir vriendin Zee (sy het ook ‘n blog, kyk op my blogroll) gesê, van môre af is ek op dieët!!! 3 Liter water per dag!! Nee genade ek lyk en voel soos ‘n 2010 sokkerbal. Soos jyself sê die goed gaan klou soos bostik aan mens se heupe vas!!! En spyt kom altyd te laat!
Ek is bly dit was “so worth it” maar moenie vergeet nie:
“Cause you’re worth it”
10 teen 1 wou hy ook ‘n stukkie kaaskoek gehad het…