HOEKOM PADKOS ?
Padkos…hoekom die blog ? Daar is so baie wat ek graag wil deel…’n resep wat (rerig) werk, ‘n goeie foto wat ek (self) geneem het, ‘n mooi boek, ‘n stukkie motivering, ‘n staaltjie hier, ‘n grappie daar, bietjie lag…, bietjie huil… Miskien raak iets jou. Gooi dan gerus iets terug in die mandjie. Dit kan tog net lekker wees !
WIE IS EK ?
Ma, vrou, forty something…
Ek woon op ‘n lekker warm plekkie en het 3 beautiful kinders – my pride and joy. Dan is daar ook my hondekinders, kattekinders, ‘n paar vissies en natuurlik twee optel skilpaaie, wat ons van ‘n gewisse soppot gered het.
Ek het maar die gewone issues oor my lyf, plooie, en so aan…
Na baie jare van lang ure werk kon ek so amper 3 jaar terug die korporatiewe wêreld verruil vir voltyds ma-wees. My man bedryf sy eie besigheid vanaf die huis en soggens help ek hom (so ‘n bietjie) in die kantoor.
Ek is mal oor lees en sal graag met julle gedagtes wil uitruil oor lekkerrrr boeke.
Fotografie is ‘n ander belangstelling wat al ‘n paar jaar sluimer en ek het uiteindelik onlangs vir my ‘n goeie kamera aangeskaf. Ek leer nog en sal enige kritiek, raad, idees, ens verwelkom.
Ek probeer ten minste 3 maal per week by die gym uitkom en is lief vir duik.
EK IS MAL OOR…..
koffie, sjokolade, biltong, koffie, diere, fliek, reis…het ek al gesê koffie…?
EK HUIL OOR…..
enige vorm van wreedheid teenoor kinders en diere.
EK KOOP GRAAG….
skoene, handsakke, musiek, tydskrifte, boeke
EK IS BANG VIR…..
mislukking.
EK HOOP……
dat my kinders gesonde, gelukkige, gebalanseerde volwassenes sal word.
EK MAAK…..
lysies, lysies, lysies…
