SOET BESKUIT
Hierdie beskuit is baie soet en smaak soos koekies.
Dis vreeslik lekker en almal (veral die kinders) is gek daarna.
Jy kan die suiker verminder as jy wil.
1 Kg Bruismeel
2 Koppie Klapper
6 Koppies Suiker
6 Eiers
500 g Rama Margarine
3 Teelepels Bakpoeier
1 Eetlepel Sout
3 Koppies Nutty Wheet
1 Liter Karringmelk
Meng alles saam en bak vir 1 uur by 180˚C.