‘n Mens vergeet ongelukkig so baie van die wonderlike sêgoed wat ons kinders kwytraak in hul grootword.
Toe my oudste in Graad 4 was het hy die volgende antwoorde in ‘n toets geskryf :
Voltooi die idiome :
So koel soos ‘n……..dude (nou ja, hy’s ‘n laaitie)
As die skoen jou pass…….koop hom (duidelik ma se kind !)
Hy het ook altyd van ‘n klomp Zeebras gepraat as Zeebrakke.
Die laaste briefie wat my jongste vir die tandemuis geskryf het, het gelui:
“Muis as jy bestaan ek soek R100”.
********
Hier is nog ‘n paar oulike Graad 5 sêgoed wat ek in ‘n epos ontvang ontvang het.
Dit is te kostelik om nie te deel nie.
kaas, botter en 3 koeie
Wat is die verlede tyd van eet?
Honger
Wat is die verkleinwoord van Oupa?
Kleinseun
Wat is die meervoud van kabeljou?
kabeljulle
‘n Sin met “ter aarde bestel…”
“Wie op ter aarde bestel so ‘n groot koek?”
Vertaal in Afrikaans: “I beg your pardon?”
HuH?
********
Pragtig!!